Welkom by RIEBIE-Land

Die Riebies is hierdie jaar 38 jaar oud en die afgelope 27 jaar reeds ’n parallel-medium skool wat ‘n unieke gemeenskap dien. ‘n Gemeenskap wat deur dik en dun saamstaan en saam die belange van ons pragtige leerders eerste plaas deur elkeen te onderskraag en te ondersteun, en elkeen toe te laat om te leef en te laat leef.

Waardes is en word by die Riebies geleer:

  • Respek
  • Integriteit
  • Eerlikheid
  • Betrokkenheid
  • Inklusiwiteit
  • Eensgesindheid
  • Skooltrots
  • Keuses
  • Dankbaarheid

Hierdie waardes is die gereedskap wat ons kinders weerbaar maak om die uitdagings wat die wêreld bied met selfvetroue te trotseer, want dit is die kompas wat elke Riebie nodig gaan hê om die wêreld daar buite te verander

Tema 2025:

Jy is reeds geplant, GROEI!

Die Riebies kon oor baie jare staatmaak op die kundigheid van beheerliggame (ek sal nooit almal kan noem nie) wat met visie vorentoe kon beur. Ek dink aan Voorsitters; Mnre. Johan Erikson, Alberts Breedt, Johan Leibrandt, Rudi Krause en ons huidige Voorsitter Mnr. Christo Strydom. Hierdie voorsitters het vir jare hul kosbare tyd en energie tot voordeel van elke leerder, opvoeder en ouer, gegee.

Soos oud-President Mandela gesê het: “Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.” Vir die Riebies is en bly akademie ons kernbesigheid en ek kan met trots sê dat ons opvoeders daagliks, gemotiveerd, ons leerders vir die toekoms voorberei. Uitslae en suksesse van oud-Riebie leerders is alombekend.

Die Riebies, in my opinie, is seker die mees veelsydigste skool wat ek ken. Hier is altyd ‘n miernes van bedrywighede.

Hier kan elke leerder hom- of haarself, deur net deel te wees, optimaal binne sy- of haar vermoëns ontwikkel. Verskeie sportsoorte word aangebied – rugby, krieket, tennis, atletiek, landloop, hokkie en skaak om net ‘n paar te noem.

Ons skool bied ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite aan – revue, kore, redenaar. Die Riebies maak jaarliks hul merk op nasionale vlak en betower gereeld gehore op verhoë dwarsoor die land.

William Ward het gesê: “When we seek to discover the best in others, we somehow bring out the best in ourselves.” - Die Riebies se veelsydigheid word werklik op die proef gestel deur ons betrokkenheid op Super 12 vlak. Ons skool is een van die uitgelese skole wat jaarliks ons voorbereiding vir liga’s afsluit deur aan die jaarlikse Super 12 kompetisies deel te neem. Deelname aan hierdie kompetisie leer ons leerders dat alles moontlik is deur hard te werk.

Laerskool Van Riebeeck Park behoort aan ’n gemeenskap en saam bou ons aan ’n toekoms. Ek nooi ouers om deel te word van die Riebie-gemeenskap. In die Riebie-gemeenskap bly ons almal ambassadeurs van ons skool. Hierdie kritiese gedagte bepaal in die eerste plek ons eie hartsposisie waarmee ons die skool benader en sodoende die ongeskrewe reëls van interaksie met die skoolgemeenskap. ’n Sleutel tot goeie ambassadeurskap is sekerlik die besef dat ons besig is met iets groter as "myself", dat ons ’n verskil kan maak deur te dien, dat ons verantwoordelikheid moet neem vir die toekoms van ons skool as baken van hoop.

Mnr. Vivian Botha - Skoolhoof
Riebie

Dit is wie ons is

Boodskappe van ons oud Hoofleiers wat beskryf hoe dit was om 'n leerling by VRP te wees en wat dit is om Riebie trots te hê.

Iaan Bitzer: Hoofseun Jaareind toespraak

Dames en Here, geagte onderwysers, geëerde gaste, en my medestudente,

Terwyl ek vanaand voor julle staan, wemel emosies in my – “n mengsel van heimwee, dankbaarheid, en ’n aanraking van bittersoet vaarwels. Dit voel net soos gister toe ek vir die eerste keer Laerskool van Riebeeckpark betree het. Dit was ’n ongelooflike reis van daardie vroeë dae in Graad een met die inspirerende leiding van Juffrou Yolande. Ek onthou my eerste Gala aand en het met bewondering na al die leerders se bekers gekyk, ek het geweet ek wil ook eendag groot dinge bereik.

Here I am, six years later, proudly addressing you for the last time as the headboy. Saying my goodbyes to Laerskool van Riebeeckpark that has nurtured and sculpted me. None of my achievements would have been possible without the unwavering support and guidance of the exceptional educators and coaches at van Riebeeckpark. Mr Botha, your example has been a guiding light for all of us, and I express my heartfelt gratitude to every teacher and coach who walked alongside me in this remarkable journey.

Ek erken dat ek nie altyd die toonbeeld van soetheid was nie, tog is ek nooit gedwing om te verander nie – ek is toegelaat om myself te wees. Daar word gesê dat onderwysers die vermoë het om ’n kind te maak of af te breek, en aan die ongelooflike onderwysers by Riebies, dankie dat julle ’n instrumentele rol gespeel het in die vorming van my karakter en my voorbereiding vir die avonture war voorlê in die hoërskool.

To my fellow Grade 7’s, as we depart for the next phase of our academic journey, I wish for you the same joy, and growth in high school that we experienced here in primary school. And to the new leaders, remember, you’ve been chosen for a reason. Lead with integrity, guided by your faith, and you will undoubtedly thrive.

Ek het groot dankbaarheid vir ons God. Sy genade was my anker vanjaar, en ek glo vas dat Sy leiding my sal vergesel in die komende hoofstukke van my lewe. Met Hom is alles moontlik.

Eenmaal ’n Riebie, altyd ’n Riebie is nie net ’n leuse nie; dit is ’n getuienis van die ewige band en waardes wat in ons ingeplant is. Ek is ewig dankbaar vir die herinneringe, die vriendskappe, en die lesse wat ek hier geleer het. Dankie Laerskool van Riebeeckpark, dat jy die grondslag was van my vormende jare. Met hierdie woorde, moedig ek almal hier aan om die gees van Laerskool van Riebeeckpark in julle harte te dra, om die waardes en kennis wat hier verkry is, te koester.

Vaarwel, en mag ons paaie weer in die toekoms kruis, Dankie!

Zione Fourie: Hoofdogter jaareind toespraak

Geagte Mnr Botha, personeel, ouers en mede-leerders:

Hier waar ek op die halfpadmerk van my skoolloopbaan staan en vanaand my geliefde laerskool moer groet, kan ek met vrymoedigheid terugkyk op gelukkige jare by Laerskool van Riebeeckpark. Hier was daar altyd plek vir almal – maak nie saak of jy eerste in die klas was, of jy die beste stem in die koor gehad het nie en of jy ’n resies verloor het nie. Ons het altyd gevoel soos wenners, want ons is geleer hoe om ons leuse DOELGERIG uit te leef – elkeen volgens ons eie talente.

Mnr Botha, ’n spesiale woord van dank vir die manier wat U hier by Laerskool van Riebeeckpark voorloop. Dankie dat u en die personeel vir ons kinders ’n kompas is wat vir ons met wysheid rigting aandui. Dankie ook vir die vertroue wat die skool in my gestel het as Hoofmeisie van Laerskool van Riebeeckpark.

Dan, my grootste dank aan my Skepper vir my talente en vir Sy liefde en genade in my lewe.

Ek wil ook ’n groot en spesiale dankie sê aan my gesin. Pappa en Mamma, baie dankie vir al jul ondersteuning, aanmoediging, raad en liefde! Julle is my sagte landingsplekkie waarop ek land wanneer dinge woes gaan! Elzaan, my liewe sussie, baie dankie dat jy my grootste “fan” is. Dit was altyd lekker met jou langs die baan en langs die veld. Ek weet daar wag vir jou groot dinge vorentoe!

Ek kyk met dankbaarheid en mooi herinneringe terug oor my laerskooljare. Ek deel graag ’n paar hoogtepunte met julle.

Toe ek in 2016 as ’n Gr R hier ingestap het, was Laerskool van Riebeeckpark nie vir my vreemd nie. Ek het ’n ouma, sommer hier by die skool gehad wat my aan die onderwysers voorgestel het en my voorberei het vir die groot skool. Ek was bevoorreg om my ouma 95% van my laerskool loopbaan by my skool te hê. Sy was my grootste ondersteuner en sy was ook altyd daar in noodgevalle soos iets by die huis vergeet en snoepie-geld. Dankie ouma, jy is steeds ’n ouma duisend!

Juffrou Lynette, ons het sommer van die eerste dag af “ge-kliek” en my Graad R jaar was vet pret, selfs al het ek die atletiekspan net-net met ‘n 4de plek gehaal!

En so het my atletiek begin. Ek onthou hoe Mnr Hendrik en Juf Anelda my getroos het toe ek in my 1ste Super 12 wedloop op Potch 5de of 6de gekom het en hoe hulle my getroos en aangemoedig het om aan te hou deur te sê my beurt sal kom.

Nog ’n hoogtepunt was die Legacy en net daar het my liefde vir revue vlam gevat. In Gr 3 het ek van my beste vriende ontmoet wat nou nog ’n groot impak op my lewe het. Mnr Armin het iets in my raakgesien en in 2019 wen ek Super 12 hekkies. Die jaar daarna, het ek in my eerste uitdun oor die hekkie geval, maar ek het opgestaan en klaargemaak, en het onderwysers my geleer dat die lewe gaan oor val en opstaan en dis nie hoe jy val nie, maar hoe jy opstaan!

Covid het toegeslaan net voor my eerste Netbaltoer – die teleurstelling was groot, maar by die Riebies het ons geleer van veerkragtigheid. Onderwysers, ouers en kinders het die nuwe uitdagings aangedurf en doelgerig aangehou!

In my laaste twee jaar by die Riebies was daar vele hoogtepunte, soos toe ons in 2022 die Interlaer gewen het. Hier weer was my onderwysers en afrigters my anker. Daar was Gauteng SA’s waaraan ek deelgeneem het, daar was Gauteng Netbal en kapteine en selfs later Oos-Gauteng Hokkie. Hierdie jaar se Revue en koor het uitstekend gevaar… En nou, in ’n oogwink, staan ek vanaand voor julle en moet ek groet!

Aan elke onderwyser by wie ek in die klas was, al die ander onderwysers en afrigters – Baie dankie vir ons stewige fondasie wat u vir ons gelê het vir ons pad vorentoe. Met liefde, u uitreik en u omgee, het ons geleer dat ware wysheid by God te vinde is en dat God altyd ons anker moet wees. Soos jul dit op Riebie-land se webblad sê: Jul plant die saad van kennis in ons jong leerders se gedagtes, wetende dat wanneer ons groot word, ons die wêreld gaan verander! Dankie daarvoor!

Aan my mede-hoofleiers, leiers, klasmaats en al die ander Riebies wil ek sê: “Dankie vir onvergeetlike jare hier”. Dankie vir julle ondersteuning, saamwerk en vriendelikheid. Waar ons paaie dalk binnekort gaan skei, wil ek julle met hierdie woorde laat: “Lewe jul lewe met oorgawe, met doelgerigheid en met sekerheid.”Soos Karen Zoid sê: “Elkeen vind sy pad.”

Aan die nuwe hoofleiers en leiers, baie geluk met julle verkiesing. Dit is ’n groot eer om as leier verkies te word. Leierskap word in julle hande geplaas en wat julle daarmee gaan doen, hang van julself af. Onthou, dis nie die wind wat die rigting van ’n boot bepaal nie, maar hoe die seile gespan word. Loop voor deur jou voorbeeld, bly altyd nederig en dien jou skool met trots.

Ek groet Laerskool van Riebeeckpark, ons geliefde skool met die woorde van George Washington: “Solank jy jou geloof, jou trots, jou selfrespek en jou liefde behou, is jy skatryk.”

Mag hierdie skool, altyd ryk bly aan die dinge wat regtig saak maak!

Hoekom 'n Riebie Word?

RIEBIE

Akademie

Ons fokus op akademie is duidelik uit leerders se prestasies as gevolg van puik onderwysers.

RIEBIE

Sport

Met nege sportsoorte om van te kies, gee dit elke leerder die geleentheid om deel te neem.

RIEBIE

Kultuur

Ons het 'n geskiedenis van sterk kulturele prestasies vir ons kinders om te geniet.

RIEBIE

Aanvullende dienste

Leerders het hul sterk en swak punte. Met hulpmiddels kan elkeen sy potensiaal bereik.

RIEBIE

Riebie Rakkers

Ons hier om ouers gerus te stel dat daar na hul kinders omgesien word.

RIEBIE

hasie kwassie

Die pad na sukses begin vroeg en ons graad R leerders word daardie hupstoot gegee.

fokus op u kind

Ons Hoof

Mnr Vivian Botha

So bietjie meer oor die hoof. Agtergrond van sy loopbaan en waarnatoe hy die skool sien groei.

Laerskool van Riebeeckpark is 'n skool met 'n hart, en die mense wat deel is van die skool, is die hartklop!

Al verander só baie dinge in die samelewing en onderwys, staan ons nie terug vir enige uitdagings nie. Ons prestasies en uitslae wys dat ons steeds met trots, relevante en goeie onderwys verseker. Met ‘n geesdriftige, toegewyde en goed-opgeleide personeelkorps, word leerders begelei en die pad aangewys om hulle vir die lewe voor te berei.

By die Riebies kan elke kind ontwikkel en presteer tot die beste van hulle eie vermoeëns. Ons weet dat 'n skool net werklik gelukkig en optimaal kan funksioneer as die ouers deel uitmaak van die suksesresep, daarom is die positiewe vennootskap tussen die skool en ons ouers vir ons van kardinale belang.

Vir ons skool is gesonde waardes prioriteit, omdat dit 'n kind se toekoms beïnvloed. Daarom is die waardes van: respek, eerlikheid, betrokkenheid, inklusiwiteit, eensgesindheid, keuses en dankbaarheid iets wat ons met trots uitleef en voorhou aan ons leerders. Hierdie waardes spoor elke leerder aan om altyd in hulself te glo en te strewe na beter. Al hierdie doelstellings kan slegs suksesvol wees as al die rolspelers:  kind, ouer en onderwyser, hande neem en dit saam aanpak.

Hier mag ons almal nog droom, lag, huil... en ons grootword geniet.

“Skouer aan die wiel” sal ons altyd vorentoe gaan.

Word ‘n Riebie en wees deel van ons wenspan!

Mnr V Botha - Skoolhoof
Riebie

Die Bestuur

Die beheerliggaam by Laerskool van Riebeeckpark is 'n toegewyde groep individue wat die skool se visie en missie ondersteun.

Die skool se eerste SBL-vergadering na die afgelope verkiesing het reeds plaasgevind, waartydens portefeuljes vasgemaak is soos volg vir lede wat deur ons ouergemeenskap verkies is:

OUER VERTEENWOORDIGING

BEHEERLIGGAAM PORTEFEULJE

Voorsitter
Onder-voorsitter
Tesourier
Sekretaris / Infrastruktuur
Bemarking / Kommunikasie
Fondsinsamelings

PORSONEEL VERTEENWOORDIGING

BEHEERLIGGAAM PORTEFEULJE

Statistieke en Administrasie
Informasie Tegnologie / Sport
Opvoedkundige Leiding / Kultuur

ADMIN VERTEENWOORDIGING

BEHEERLIGGAAM PORTEFEULJE

Finansies en Administrasie

Mnr Christo Strydom
Mnr Lehan van den Heever
Mev Gwen van Wyk
Mnr Mark du Plessis
Mnr Benjamin Matthee
Mev Liezel Cameron

Me Elsabé van Niekerk

Mnr Hendrik van Staden

Mev Ansa Mulder

Mev Liesl van Straaten

Inligting rakende die Departementshoofde.

Gefokus op die natuur

Ons herinner ons Riebie-ouers daaraan dat die Riebie Klanke, in harde kopie, slegs aan leerders gegee word waar ouers nie toegang tot internet het nie. Te danke aan die samewerking van ons ouers, gee ons nou weekliks slegs 150 Riebie Klanke in harde kopie uit.

Hierdie webblad is ons daadwerklike poging en strewe na die vermindering van die gebruik van papier en om inligting so vinnig as moontlik by u, as ouer, te kry. Ons glo en vertrou dat die ondervinding vir u en u kinders ʼn wonderlike geleentheid gaan wees en dat julle baie baat by die gebruik van ons webblad sal vind. Ons sien daarna uit om u en u familie deur ons nuusbriewe en nuusflitse op hoogte van sake te hou.