Ons as Riebie gesin fokus op die ontwikkeling van ons leerders se totale mens-wees en hul vermoëns. Ons probeer verseker dat elke leerder hul volle potensiaal bereik en ontwikkel tot ‘n individu met ‘n positiewe selfbeeld, self verantwoordelikheid en selfdissipline. Om die bogenoemde moontlik te maak, bied ons Riebies die volgende dienste aan ons ouers en leerders :
Om die bogenoemde moontlik te maak, bied ons Riebies die volgende dienste aan ons ouers en leerders :
Arbeidsterapeute
Stimulus Maksima Leesprogram - Slegs Grondslagfase
Intervensie klasse in die middae
Konsessies
Opvoedkundige Sielkundige
Spraak-, taal - en ouditiewe prosesseringsterapie.
Spraakterapie word op privaatbasis, by Laerskool Van Riebeeckpark aangebied en die volgende agterstande word aangespreek.
Taalleergestremdheid:
Vertraagde of afwykende taalontwikkeling wat leer belemmer. Dit sluit in, kinders met swak sinsbou, taalverwarring, beperkte woordeskat asook kinders wat probleme ondervind om hulself verbaal, (sowel as skriftelik) uit te druk. Die leerproses is totaal afhanklik van TAAL! Kinders gebruik taal vir LEER, DINK en UITDRUKKING( ekspressie).
Ouditiewe prosesseringsprobleme:
Dit behels die verwerking en interpretering van ouditiewe inligting. Probleme hiermee lei tot swak luistervaardighede in klasverband en probleme met lees en spelling. Met skooltoetrede moet leerders reeds in staat wees om woorde OUDITIEF aanmekaar te skakel (sintese)en OUDITIEF uit mekaar te haal(analise). Ouditiewe prosessering vorm die basis van alle spraak/taalvermoëns.
Artikulasieprobleme:
Foutiewe uitspraak van klanke. Teen skoolgaande ouderdom behoort ‘n kind alle klanke korrek en duidelik te artikuleer! Artikulasie moet reeds op 4-5 jaar duidelik en akkuraat wees!
Spraakvlotheid:
Enige onvlotheid of afwykende spraakspoed behoort deur die spraakterapeut hanteer te word.
Stemafwykings:
Stemprobleme presenteer in die vorm van heesheid, afwesige stem , foutiewe toonhoogte en –luidheid.
Aandag en konsentrasie:
Ouditiewe aandag is uiters belangrik vir skolastiese prestasie. Kinders is geokkupeerd met visuele stimuli soos rekenaars, TV en ander elektroniese apparaat. Hulle word bitter min bootgestel aan ouditiewe stimuli!
Hulpverlening vind by die skool, tydens skool-ure plaas.
Mediese fonds tariewe/ eis direk van mediese fonds vir navrae.
Kontak Besonderhede:
8 Jackal Island Close
Serengeti Golf Estate
Kempton Park
1642
Skakel:
083 660 4913
epos:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ons werk aan die volgende probleemareas:
Ons maak gebruik van verskillende aktiwiteite om die bogenoemde probleme aan te spreek.
Kontak Besonderhede:
Kweperstraat 11
Kempton Park
Gauteng
1619
Skakel:
083 631 9947
Die rol van ’n Opvoedkundige Sielkundige is om hulp te verleen aan kinders en hulle ouers, ten einde ’n verskeidenheid van probleme en uitdagings te oorbrug.
Hulp kan gelewer word op die volgende terreine:
Die proses verloop as volg:
Die praktyk is gekontrakteer by die meeste mediese fonds en mediese fonds-tariewe word gehef.
Kontak Besonderhede:
30 Fiskaalstraat
Glen Marais Kruin Kerk
Kempton Park
Skakel:
011 975 3860
078 051 5120
epos:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ons is trots daarop dat ons die Stimulus Maksima program aan ons leerders kan bied om hulle te help om die nodige vaardighede aan te leer en te verskerp om die beste akademiese prestasies te kan bereik.
Stimulus Maksima bied die volgende aan:
Stimulus Maksima se produkte is daarop gemik om enigiemand van vier jaar tot volwassenes te bemagtig om hul lees- en wiskundige vaardighede te ontwikkel en te verbeter.
Ons dek leesontwikkelingsbehoeftes deur middel van elke skooljaar, sowel as gevorderde leesvaardigheidsverbetering vir tersiêre studente en volwassenes.
Ons wiskundige vaardigheidsverbeteringsproduk dek die volle leergang van graad 1 tot graad 12.
Ons bied die volgende produkte aan:
Laerskool Van Riebeeckpark bied vir al ons leerders wat uitvalle en probleemareas toon, ekstra intervensie klasse in die middae na skool aan. Leerders wat grensgevalle of druipelinge is, ontvang briewe om dié klasse by te woon. Ons bied Huistaal, Addisionele Taal, sowel as Wiskunde en Lees aan.
Ekstra Wiskunde klasse word in die rekenaarsentrum aangebied na skool, waar leerders die Stimulus Maksima se Maths Muncher program gebruik.
Ekstra leesklasse word in die middae in die rekenaarsentrum, vir die Grondslagfase-leerders (Gr 1 - Gr 3), aangebied. Die program wat vir dié doeleindes gevolg word, is Stimulus Maksima se Reading Rocket.
Ons is in ‘n bevoorregte posisie om ‘n hulp- en heronderrig onderwyseres vir ons Gr 1 - Gr 3 leerders, tydens skoolure, te hê. Leerders wat geïdentifiseer word met leerprobleme of uitvalle, gaan na dié Juffrou om individuele hulp en aandag te kry. Daarmee word verseker dat reeds behandelde werk ingeskerp en ingeoefen word. Ons glo dat dit beslis ‘n wen-wen situasie is.
Gereelde bywoning deur die betrokke leerders, en natuurlik ouers se ondersteuning, kan net die hupstoot wees wat nodig is om die kind op die wenpad te plaas. Om sukses te ervaar, bou aan ‘n kind se selfbeeld en selfvertroue.
Skeurstrokies word uitgegee aan die betrokke leerders en die strokies moet asseblief deur ouers geteken en dadelik na die skool teruggestuur word.