Wonderlike goed gebeur wanneer jy probeer!

Belangrike Dokumente

Kultuur

'n Passie

Vir die Kunste

Hier in Riebieland prut, borrel en kook die kultuurpot oor en al ons prestasies is ’n bewys daarvan.

 

In die kultuurpot word die volgende disse ( aktiwiteite) vir ons kultuur -tiere voorberei en aangebied.

  • Junior koor
  • Senior Koor
  • Revue
  • Redenaars (Span en individueel)
  • Public Speaking (Span en individueel)
  • Kunswedstryd

 

Vir beide die kore is daar buite afrigters naamlik Gert Pottas en Tertius du Plessis. Hier is ’n paar van die prestasies behaal al deur ons nagtegaal stemme. Sing in Harmonie Wenners/ Naaswenners.

  • Super 12 Cum Laude
  • Kunswedstryd Cantare Wenners
  • ATKV Finale

 

Ons Revue dansende, singende, vertolkende ruk en rol lyfies voer hul gehore weg na hul wêreld. In 2022 was hul die Nova Arté wenners, asook die kaleidoscope ervare afdeling wenners. Hul energie is aansteeklik.


In Riebieland kry die “gladde bekkies”wat daarvan hou om hul sê te sê en hul standpunt te maak ook ’n geleentheid om hul stempel af te druk. Hulle gons en praat die wêreld aan die brand. Met Lydia Swanepoel ( Buite drama afrigter) wat betrokke is om leerders en spanne af te rond en perfek te laat voor elke kompetisie, pluk die Riebies verseker die vrugte. In 2022 lewer die Riebies:

  • 5 Nasionale delnemers op
  • 12 National Participants;
  • 3 National winners
  • 2 National Runner-ups
  • 1 3de plek Nasionaal
  • 2 3rd Places National


Virseker kry elke Riebie die geleentheid om die vaardigheid aan te leer om met gemak voor gehore op te tree.

Vir die kultuur-tiere wat hou van ’n wye verskeidenheid uitvoerende kunste aktiwiteite word aan die kunwedstryd deelgeneem om hul honger te stil...


Riebies ontvang jaarliks toekennings by Kunswedstryde se prysuitdelings.


As jy ’n kultuur-tier is sal verseker iets in die kultuurpot vind, waaraan jy kan smul en daardie heerlike, smaakvolle herinneringe saam jou dra.

Koor

Junior Koor

Koorgelde:

Die gelde sluit die t-hemp asook die gebruik van dassies, kruisbande en "scrunchies" in.

 

Koordrag:

Dogters Formeel

  • Koningsblou rokkie - (ouers moet betaal vir skool om te laat maak).
  • Wit langmou-knopieshemp - (ouers moet self aankoop).
  • Swart "tights" - (ouers moet self aankoop - Boundary SIlk Bazaar).
  • "Scrunchies" & strikdasse - (skool voorsien).

 

Dogters Informeel

  • Blou denim langbroek - (eie / ouers moet self aankoop).
  • T-hemp - (skool voorsien).
  • Wit of blou tekkies - (eie / ouers moet self aankoop).

 

Seuns Formeel

  • Netjiese swart langbroek - (ouers moet self aankoop).
  • Wit langmou- knopies hemp - (Ouers moet self aankoop).
  • Swart kouse en swart skoolskoene - (eie / ouers moet self aankoop).
  • Kruisbande & strikdasse - (skool voorsien).

 

Seuns Informeel

  • Blou denim langbroek - (eie / ouers moet self aankoop).
  • T-hemp - (skool voorsien).
  • Wit of blou tekkies - (eie / ouers moet self aankoop).

 

Senior Koor

Hou asseblief Riebie Klanke dop vir meer inligting.

Kunswedstryd

Hou asseblief Riebie Klanke dop vir meer inligting.

Redenaars

Hou asseblief Riebie Klanke dop vir meer inligting.

Revue

Hou asseblief Riebie Klanke dop vir meer inligting.

R4J

Hou asseblief Riebie Klanke dop vir meer inligting.

Al die kultuur oefentye in een dokument