Kultuur

'n Passie

Vir die Kunste

Hier in Riebieland prut, borrel en kook die kultuurpot oor en al ons prestasies is ’n bewys daarvan.

 

In die kultuurpot word die volgende disse ( aktiwiteite) vir ons kultuur -tiere voorberei en aangebied.

  • Junior koor
  • Senior Koor
  • Revue
  • Redenaars (Span en individueel)
  • Public Speaking (Span en individueel)
  • Kunswedstryd

 

Vir beide die kore is daar buite afrigters naamlik Gert Pottas en Tertius du Plessis.

 

Ons Revue dansende, singende, vertolkende ruk en rol lyfies voer hul gehore weg na hul wêreld.

 

In Riebieland kry die “gladde bekkies”wat daarvan hou om hul sê te sê en hul standpunt te maak ook ’n geleentheid om hul stempel af te druk. Hulle gons en praat die wêreld aan die brand. Met Lydia Swanepoel ( Buite drama afrigter) wat betrokke is om leerders en spanne af te rond en perfek te laat voor elke kompetisie, pluk die Riebies verseker die vrugte.

 

Virseker kry elke Riebie die geleentheid om die vaardigheid aan te leer om met gemak voor gehore op te tree.

 

Vir die kultuur-tiere wat hou van ’n wye verskeidenheid uitvoerende kunste aktiwiteite word aan die kunwedstryd deelgeneem om hul honger te stil...

 

Riebies ontvang jaarliks toekennings by Kunswedstryde se prysuitdelings.

 

As jy ’n kultuur-tier is sal jy virseker iets in die kultuurpot vind, waaraan jy kan smul en daardie heerlike, smaakvolle herinneringe saam jou dra.

RIEBIE

Koor

Junior Koor

Oudisies vind in Oktober / November plaas.

 

Oudisies vir nuwe leerders en leerders wat afwesig was vind tydens die eerste oefening in Januarie, plaas.

 

Oefentye:      

Donderdae    13:30 – 14:45

 

Kompetisies: 

Neem aan verskeie kompetisies, deur die jaar, deel.

Bv. ATKV & Super 12 (Mei) ; Nova Artè (Julie/Augustus)

 

Koorgelde:

Die gelde sluit die T-hemp asook die gebruik van dassies, kruisbande en "scrunchies" in.

 

Koordrag:

Dogters Formeel

  • Koningsblou rokkie - (ouers moet betaal vir skool om te laat maak).
  • Wit langmou-knopieshemp - (ouers moet self aankoop).
  • Swart "tights" - (ouers moet self aankoop - Boundary Silk Bazaar, PEP en Ackermans).
  • "Scrunchies" & strikdasse - (skool voorsien).

 

Dogters Informeel

  • Blou denim langbroek - (eie / ouers moet self aankoop).
  • T-hemp - (skool voorsien).
  • Wit of blou tekkies - (eie / ouers moet self aankoop).

 

Seuns Formeel

  • Netjiese swart langbroek - (ouers moet self aankoop).
  • Wit langmou- knopies hemp - (Ouers moet self aankoop).
  • Swart kouse en swart skoolskoene - (eie / ouers moet self aankoop).
  • Kruisbande & strikdasse - (skool voorsien).

 

Seuns Informeel

  • Blou denim langbroek - (eie / ouers moet self aankoop).
  • T-hemp - (skool voorsien).
  • Wit of blou tekkies - (eie / ouers moet self aankoop).

 

Senior Koor

Oudisies vind in Oktoboer / November plaas.

 

Oudisies vir nuwe leerders en leerders wat afwesig was vind tydens die eerste oefening in Januarie, plaas.

 

Oefentye:  

Donderdae 16:00 – 18:00

 

Kompetisies: 

Neem aan verskeie kompetisies, deur die jaar, deel.

Bv.      ATKV & Super 12 (Mei) ; Nova Artè (Julie/Augustus)

 

Koordrag:

Dogters Formeel

  • Rok wat deur skool laat maak word – ouers betaal.
  • Swart “pump” skoene.
  • Bybehore word deur skool voorsien.

 

Seuns Formeel

  • Swart formele Langbroek “chino”.
  • Swart skoolskoene met swart kouse.
  • Hemp wat deur skool gemaak word - Ouers betaal.
RIEBIE

Kunswedstryd

Kunswedstryd Inligting

Die skool skryf leerders vir verskeie kategorieë in.  Vorms word in die tweede Kwartaal uitgedeel waarop ouers die keuses kan maak en dan die vorms en gelde terug stuur skool toe.

 

Sluitingsdatum:

Einde April

 

Items vind van Mei – September plaas. 

 

Datums sal gedurende die derde kwartaal aan leerders, wat ingeskryf het,  gegee word. Ouers is ook welkom om om hulle kinders by enige ander kunswedstryd as Nova Arte in te skryf bv. Conspirito. Alle prestasies word ingehandig vir meriete doeleindes.

 

RIEBIE

Redenaars

Redenaars Inligting

Redenaars vind vanaf Februarie – Oktover, plaas.  Ons het Redenaas, sowel as Public Speaking. Leerders neem aan verskeie kompetisies deel.

 

Bv.  Groter Kempton Park ATKV ; Radikaal : Oppie Tong ; Artistatue ; Super 12. Ons het ook Spanredenaars sowel as Public speaking Teams.

 

Ons spanredenaars word deur Me Lydia Swanepoel afgerig.  Me Swanepoel is ook, voor kompetisies, by die afronding van ons individuele sprekers betrokke.

RIEBIE

Revue

Revue Inligting

Oudisies vind altyd in Oktober /November, plaas.

 

Oudisies vir nuwe leerders en leerders wat afwesig was tydens die Oktober /November oudisies vind in Februarie die daaropvolgende jaar, plaas.

 

Oefentye:

Maandae 17:00 – 20:00

 

Kompetisies:      

Vind gedurende die derde Kwartaal plaas.  Julie – September

Al die kultuur oefentye in een dokument