Hasie Kwassie

'n Hasie Kwassie

Welkom

Welkom by Hasie Kwassie. Hier leer ons speel-speel en is elke kind se ontwikkeling vir ons belangrik om na die volgende graad aan te beweeg.

Skooltye:

Maandag tot Donderdag  -  7:30 tot 13:00

Vrydae  -  7:30 tot 12:00


Daar is wagklas vanaf 13:10 tot 14:00 vir leerders met ouer boeties of sussies in Laerskool Van Riebeeckpark.

 

Ons klasse:

 
Graad R Afrikaans:

Juffrou Lynette Kruger - Voëlverskrikkerklas

Juffrou Chantelle Botes - Sonneblomklas

 
Grade R English:

Teacher Chèrie van den Heever - Woodland Class

Teacher Verushka Olinger - Bee Class

 
Graad RR Afrikaans:

Juffrou Shani Barnard - Reënboogklas

 
Grade RR English:

Teacher Megan Slater - Little Giraffe Class

 
Hasie Kwassie Student:

Monique Strydom

 

Dagprogram:

Volgens Departementele Voorskrifte (CAPS):

  • Aankoms en Vryspel
  • Groet, Register, Weerkaart, Nuus, Bring en vertel, Verjaarsdae
  • Binne Vryspel
  • Badkamer roetine
  • Fokus op Wiskunde
  • Robotics
  • Fokus op Tale
  • Fokus op Lewensvaardigheid
  • Verversings (Pouse)
  • Badkamer roetine
  • Buite Vryspel
  • Storietyd
  • Vertrek
  • Wagklas/Naskool

 

Naskool:

Maandag tot Donderdag - 13:00 tot 17:30

Vrydae - 12:00 tot 17:30

 

Skooldrag:

Hasie Kwassie T-hemde, wat op Maandae tot Donderdae gedra word is beskikbaar teen R100.00 per T-hemp, asook Dry-Macs teen R220.00 per Dry-Mac.

 

Aansoeke:

Ons vra dat ouers asseblief die volgende dokumentasie sal saambring om die aanskoekproses so maklik as moontlik te maak.

  • Kind se geboortesertifikaat
  • Inentingskaart
  • Bewys van verblyf
  • Afskrif van ouers se ID dokumentasie
  • Indien u nie die biologiese ouer is nie, dokumente wat u wettige verhouding met die leerder bevestig.

 

Kontak Laerskool Van Riebeeckpark vir aansoeke: 011 976 2633

 

Finansies:

Kontak asseblief die finansiële kantoor met betrekking tot enige navrae:

011 976 2633

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Akademie:

Gefokus op jou toekoms

Ons leerders word in totaliteit geleer om almal te respekteer, reg te kies en liefde reg uit te lewe.

 

Ons is ʼn passievolle groep mense wat daarna streef om alle akademie holisties te bevorder wat noodsaaklik is om die volle potensiaal van ons leerders te ontwikkel.

 

Hier ontwikkel u kind in totaliteit om sy/haar beste weergawe weer te gee.

 

Ons wortels is gegrond in waardes en ons streef daarna om die beste onderrig aan ons leerders te voorsien.

 

Buitemuurse Aktiwiteite:

Playball, Swem, Ballet, Drama, Rugby, Netbal en Hokkie, Gholf, Tennis, Dance Mouse, Gimanstiek, Wiskunde.

 

Ons buitemuurse aktiwiteite by Hasie Kwassie vind tydens skoolure plaas en word gelei deur passievolle afrigters.

 

Kultuur:

Koor, Spreekkoor, Poësie

 

Ons kultuur word gelei deur ons bekwame afrigter Me. Lydia Swanepoel.

 

Terapeute:

Ons terapeute is weekliks by Hasie Kwassie beskikbaar:

  • Me. Annemarie Scheepers - Arbeidsterapie
  • Ants Schoeman - Spraakterapie
  • Bessie Venter – Opvoedkundige sielkundige

 

Kommunikasie:

Ouers kry weekliks ons Hasie Kwassie nuusbrief die ‘’Kwetter Letter’’ om deurlopend op hoogte gehou te word van alle belangrike gebeure by die skool.

 

 

Terwyl ons hierdie pragtige hoofstuk aanpak, mag die vreugde, nuuskierigheid en wonder van vandag ons klein Hasie Kwassies in ʼn helder en briljante môre indra.