Die heersende ekonomiese toestande in die land, plaas geweldig druk op werkende ouers en verminder die tyd tot hul beskikking om, na skool met die onderrig van hul kind/ers, behulpsaam te wees. Riebie Rakkers is juis op die been gebring om u as ouer die gemoedsrus te gee dat daar na die belange van u kind(ers) omgesien sal word.
Ons diens berus op drie pilare:
Ouers word gevra om streng by die sluitingstyd van die naskool te hou, 17:30 vir 18:00. Indien nie, word ‘n boete van R50 vir elke 15 minute laat, gehef. Riebie Rakkers is gedurende die meeste vakansies oop, maar tydens openbare vakansiedae is die naskool gesluit.
Etes word direk na skool bedien. Leerders moet eers eet voor hulle na hulle onderskeie sporte gaan en voor hulle gaan uittrek. Reël met naskooldames indien ‘n ete nie bygewoon gaan word nie. Kospakkies word deur afrigters gereël vir leerders wat tydens wedstryddae nie na skool hul etes kan nuttig nie.