Wonderlike goed gebeur wanneer jy probeer!

Belangrike Dokumente

Sport

Uitstekende

Sportprestasie

Deelname, sportmansgees en kompetisie is die drie hoofbene wat die Riebies se sport beskryf.

 

Riebies is trots om deel te wees van die spog Super 12 kompetisie vir laerskole wat die volgende sporte insluit: Rugby, Netbal, Hokkie, Krieket, Tennis, Skaak, Gholf, Atletiek, Landloop.

 

Die Riebies bied aan leerders verskeie geleenthede om aan sporte deel te neem.


Riebies het ook hul eie Atletiek en Landloop klub gestig wat vir leerders ‘n ekstra geleentheid bied om deel te neem.


Hiermee ‘n opsomming van die verskeie sportkodes, wie kan deelneem en datums wat dit plaasvind:

Riebie Sportkodes

Netbal
Netbal Inligting

Netbal leer ons leerders die waarde van goeie kompetisie in spanverband en bied die geleentheid die ontwikkeling van elke individu.

 

Kwartale:

Kwartaal 1: Netbalproewe vind reeds in die eerste kwartaal plaas en vriendskaplike wedstryde teen van die topskole begin reeds in kwartaal 1.


Kwartaal 2: 

Die superliga vir die spanne begin in kwartaal 2.

 

Die volgende spanne neem deel aan die superliga: 0/9 A; B en C;

0/10 A; B en C; 0/11 A; B en C; 0/12 A; B en C en 0/13 A, B en C.

 

Die 0/10 A; 0/11 A; 0/12 A en 0/13 A spanne speel ook in die Super 12 kompetisie.

 

Ons bied ook die geleentheid vir alle Graad  1; Graad 2 en Graad 3 leerders om aan die Engeltjie netbal deel te neem en speel in verskeie toernooie.

 

Kwartaal 3 en 4:

Riebies neem ook deel aan verskeie Fast five toernooie.

 

Prestasies:

2022:

  • Zione Fourie is in 2022 opgeneem in die Gauteng provinsiale netbalspan en sy was ook die kaptein van hierdie span.
  • Ons 0/12 A netbalspan eindig 2de by die Gauteng kampioenskappe en  het gekwalifiseer om aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.
  • Hulle het ‘n algehele 5de plek behaal.

2023:

  • Gemma Engelbrecht is in 2023 opgeneem in die Gauteng provinsiale netbalspan.
  • Ons 0/13 A netbalspan eindig 5de by die Gauteng kampioenskappe en kwalifiseer om aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.
  • Tydens die Super 12 laerskole kompetisie het ons 0/10 A en 0/13 A spanne hul afdelings gewen. Die Riebies word ook aangwys as beste netbalskool in die afdeling.

 

Oefeninge:

Ons leerders oefen vier keer per week.

 

Toere:

Die Riebies skep die geleentheid vir die leerders om op toer te gaan en teen die beste skole deel te neem.

 

Die volgende spanne het in 2023 aan netbaltoere deelgeneem:

0/9 A en B; 0/10 A en B; 0/11 A en B; 0/12 A en B en 0/13 A en B het almal aan die Sportisimo toernooi deelgeneem. Die 0/13 A was algehele wenners van hierdie toernooi.

Rugby
Rugby Inligting

By Laerskool van Riebeeckpark bied ons vir leerders die geleentheid om rugby te speel vanaf Gr 1 tot en met Gr 7. Rugby leer ons leerders om saam in ‘n span te speel en ook die korrekte sportmangees wat daarmee gepaard gaan.


Kwartale:

Kwartaal 1: 

Rugby proewe vind reeds in die eerste kwartaal plaas en vriendskaplike wedstryde teen van die topskole begin reeds in kwartaal 1.


Kwartaal 2:

Die superliga vir die spanne begin in kwartaal 2.

Die volgende spanne neem deel aan die superliga: 0/9 A en B;

0/10 A en B; 0/11 A en B; 0/13 A, B en C.


Die 0/9 A; 0/10 A; 0/11 A en 0/13 A spanne speel ook in die Super 12 kompetisie.


Ons bied ook die geleentheid vir alle Graad  1 en Graad 2 leerders om aan die Valkie rugby deel te neem en speel in verskeie toernooie.


Prestasies:

Riebies spog met die volgende seuns wat in die Valke provinsiale spanne opgeneem is vir 2023:

0/12 A Valke:

Caleb Josephs en Divan Retief

0/13 B Valke:

Elethu Khwebulane


Oefeninge:

Ons leerders oefen vier keer per week.


Toere:

Die Riebies bou herinneringe op gedurende toere en dit skep ‘n geleentheid vir die leerders om ‘n toer te ervaar.


Die volgende spanne het in 2023 aan rugbytoere deelgeneem:

  • 0/9 en 0/10 = Toer na Jubaweni
  • 0/11 = Neem deel aan die Noord-Suid rugbytoernooi.
  • 0/13 B = Neem deel aan die Noord-Suid rugbytoernooi.
  • 0/13 A = Neem deel aan die Noord-Suid rugbytoernooi asook die Wildeklawer toernooi.
Tennis
Tennis Inligting

Kwartale:

Tennis vind in die derde kwartaal plaas waar ons seuns en dogters span aan die Super 12 kompetisie deelneem, en ook aan die liga.

 

Daar is ook ontwikkelingsspanne vir leerders om hul vaardighede te verbeter.

Atletiek
Atletiek Inligting

Riebies atletiek lê die fondasie vir die sport van die jaar en die Riebies begin reeds die eerste week van skool met atletiek.

 

Kwartale:

  • Atletiek vind in kwartaal 1 en kwartaal 4 plaas.
  • Tydens kwartaal 1 is daar verskeie byeenkomste waaraan die Riebies deelneem.
  • Tydens kwartaal 4 neem die Riebies aan die Super 12 laerskole atletiek byeenkoms deel waar daar 24 topskole uit verskillende provinsies deelneem. Riebies het in 2021 ‘n algehele 3de plek verwerf by hierdie byeenkoms.

 

Prestasies:

  • Die Riebies presteer elke jaar uitstekend en is die afgelope twee jaar die Inter laerskole wenners.
  • Ons spog met 6 atlete wat aan die SA kampioenskappe in Pietermaritzburg deelgeneem het.
  • Caleb Josephs het ‘n Silwer medalje in die 75m Hekkies vir 0/12 seuns gewen, asook ‘n brons medalje in die 150m Hekkies.
  • Lexi Marx het ‘n silwer medaje gewen vir die dogters 0/10 gewigstoot.

 

Oefeninge / afrigting:

Daar is 2 – 3 afrigters per item en afrigters is gekwalifiseerd en spesifiseer in hul onderskeie items.

 

Deelname en kompetisies:

Tydens die Interhuis kry al die leerders die geleentheid om deel te neem aan die verskeie items. Die top 5 atlete in elke item kry die geleentheid om aan die byeenkomste deel te neem. Tydens hierdie byeenkomste word die beste twee atlete per ouderdom gekies wat dan verder deelneem aan die Distrikbyeenkoms.

Gholf
Gholf Inligting

Kwartaal 4:

Ons neem deel aan die Super 12 kompetisie wat in kwartaal 4 plaasvind, asook die liga wat plaasvind. Daar is ‘n  A, B EN C span wat aan die liga deelneem.

Hokkie
Hokkie Inligting

Kwartale:

Kwartaal 3:

Hokkieproewe vind plaas in die derde kwartaal. Die 0/13 A seuns en 0/13 A dogters speel in die Super 12 kompetisie.

 

Die liga begin in die derde kwartaal vir die 0/10 A, 0/11 A, 0/12 A en 0/13 A dogters, asook die 0/13 A seuns.

 

Daar is ook minihokkie vir die Graad 1, 2 en 3 leerders, en hul speel in ‘n verkeidenheid toernooie.

 

Prestasies:

  • Die 0/13 A dogter en seuns hokkiespanne het in 2022 by die Eastern Gauteng uitspele ‘n algehele tweede plek verwerf.
  • Drie van die Riebies hokkiespelers is opgeneem in die Easterns provinsiale hokkiespanne vir 2023:
    • Zione Fourie –0/13 A dogters
    • Albie Kotze en Blaine Kotze – 0/13 A seuns

 

Oefeninge:

Leerders oefen vier keer per week en speel elke week ‘n wedstryd.

Krieket
Krieket Inligting

Riebies Krieket bied vir ons leerders – seuns en dogters die geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel en in ‘n spanverband mee te ding.

 

Kwartale:

Kwartaal 2:

Die Riebies se 0/11 A en 0/13 A spanne speel in die Super 12 kompetisie gedurende die Julie vakansie.


Kwartaal 3:

Die liga begin in kwartaal 3 vir die volgende spanne: 0/9 A; 0/10 A en B; 0/11 A en B; 0/13 A, B en C.


Daar is ook minikrieket vir alle Graad 1, Graad 2 en Graad 3 leerders.

 

Prestasies:

  • Riebies se 0/13 A span was liga wenners in 2022.
  • Riebies het ook 5 provinsiale spelers opgelewer:
  • Blaine Kotze, Iaan Bitzer en Elethu Khwebulane was opgeneem in die 0/12 Easterns provinsiale span.
  • Anthony Stockigt en Tertius van der Walt was opgeneem in die 0/13 Easterns provinsiale span.

 

Oefeninge:

Leerders oefen vier keer per week en speel elke week ‘n wedstryd.

Skaak
Skaak Inligting

Die Riebies maak die regte skuiwe en ons skaak presteer op alle vlakke.

 

Kwartale:

Skaak vind plaas gedurende die 1ste, 2de en 3de kwartaal, waar die spelers aan die Super 12 kompetisie deelneem en ook aan die liga.

 

Prestasies:

  • Riebies het in 2022 drie spelers gehad wat aan die SA kampioenskappe deelgeneem het:
    • Logan Fick
    • Darius Buitendach
  • Trafford Chisango het in 2023 ‘n tweede plek behaal by die Ekurhuleni Distrik finale.

 

Oefeninge:

Daar is oefeninge elke Woensdag.

Landloop
Landloop Inligting

Landloop bied aan ons leerders die geleentheid om fiks te bly en om deel te wees van massadeelname.

 

Kwartale:

Landloop vind in die derde kwartaal plaas waar die Riebies aan die Super 12 kompetisie deelneem asook die liga wat plaasvind.

 

Oefeninge:

Leerders oefen vier keer per week.

Riebie Beginner Sportkodes

Engeltjie Netbal
Engeltjie Netbal Inligting

KWARTAAL 2

Ons bied ook die geleentheid vir alle Graad  1; Graad 2 en Graad 3 leerders om aan die Engeltjie netbal deel te neem en speel in verskeie toernooie.

Hou asseblief Riebie Klanke dop vir meer inligting.

    Valkie Rugby
    Valkie Rugby Inligting

    KWARTAAL 2

    Ons bied ook die geleentheid vir alle Graad  1 en Graad 2 leerders om aan die Valkie rugby deel te neem en speel in verskeie toernooie.

    Hou asseblief Riebie Klanke dop vir meer inligting.

    Mini Krieket
    Mini-Krieket Inligting

    KWARTAAL 3

    Daar is ook minikrieket vir alle Graad 1, Graad 2 en Graad 3 leerders.


    Hou asseblief Riebie Klanke dop vir meer inligting.

    Mini Hokkie
    Hokkie Inligting

    KWARTAAL 3

    Daar is ook minihokkie vir die Graad 1, 2 en 3 leerders, en hul speel in ‘n verkeidenheid toernooie.

    Hou asseblief Riebie Klanke dop vir meer inligting.

    Vir Meer Inligting

    Kontak ons nou

    ALLE VELDE GEMERK MET * MOET ASSEBLIEF VOLTOOI WORD - ALL FIELDS MARKED WITH * MUST BE FILLED IN AND COMPLETED
    Naam / Name *
    Van / Surname *
    epos / email *
    Kontak Nommer / Contact Number *
    Navraag / Enquiry *