Ons is 'n passievolle groep mense wat daarna streef om alle akademiese en buitemuurse aktiwiteite te bevorder wat noodsaaklik is om die volle potensiaal van ons leerders te ontwikkel.
Ons wortels is gegrond in Riebie waardes en streef daarna om die beste onderrig moontlikhede aan ons diverse groep leerders te voorsien.

Ons plant die saad van kennis in ons jong leerders se gedagtes wetende dat wanneer hulle groot word, hulle die wêreld gaan verander.
Alle assessering geskiet soos uiteengesit in die Nasionale Kurrikulum– en Assesseringsbeleidsverklarings dokument.
Alle assessering word geassesseer deur gebruik te maak van die 7-puntskaal:
| Kode | Bevoegdheid | Persentasie % |
7 6 5 4 3 2 1 | Uitnemende Prestasie Meriete Prestasie Substansiële Prestasie Bevredigende Prestasie Gemiddelde Prestasie Elementêre Prestasie Nie bereik nie | 80 - 100% 70 - 79% 60 - 69% 50 - 59% 40 - 49% 30 - 39% 0 - 29% |
Slaagvereistes vir die Grondslagfase is as volg: Bevredigende Prestasie (Vlak 4) vir Huistaal Gemiddelde Prestasie (Vlak 3) vir Eerste Addisionele Taal Gemiddelde Prestasie (Vlak 3) vir Wiskunde.
Soos uiteengesit in die Kurrikulum– en Assesseringsbeleidsverklaring is leerders in die Grondslagfase verplig om 4 vakke te neem
Elk van die vakke het ‘n voorgeskrewe aantal assesseringstake wat volgens die 7 Puntskaal bepunt word wat die leerder se promosie punt bepaal. Assesseringstake word saamgestel deur ‘n praktiese, mondeling en geskrewe gedeelte. Al 3 die komponente word bereken om die promosiepunt te bepaal. Assesserings is voorskriftelik in al die CAPS dokumente en punte vir die assesserings word verkry vanaf SASAMS.
Intermediêre en Senior Fase Assessering
Gedurende die eerste en derde kwartaal word slegs deurlopende assessering gedoen. Gedurende die tweede en vierde kwartaal word deurlopende assessering gedoen en eksamen geskryf. Leerders ontvang assesseringsprogramme vir elke kwartaal, waarop aangedui word wanneer en waaroor assessering handel. Leerders ontvang 'n eksamenafbakening vir elke vak, voordat die eksamen geskryf word.
Slaagvereistes Gr. 4-6:
Slaagvereistes Gr. 7:
Jaarpunt gewigte Gr. 4-6:
Jaarpunt gewigte Gr. 7:
Ouers moet kennis neem dat punte van die deurlopende assesserings verskillend gewigte dra en dit kan gebeur dat punte wat gekry is, nie so op die rapport reflekteer nie. Voorbereiding vir deurlopende assessering is noodsaaklik! Assesseringsplanne word aan leerders verskaf sodat hulle weet wanneer geassesseer word.
Intermediêre en Senior fase Algemene Riglyne
Kommunikasie met personeel:
Die beste kommunikasiemiddel is om `n e-pos vir die betrokke personeellid te stuur: (personeellid se naam)@riebie.co.za. Cc hierdie e-pos dan ook na Elsabé van Niekerk: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Hendrik van Staden: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
Indien u enige akademiese navrae het of probleem ondervind, skakel asseblief direk met Annique Bezuidenhout, Ansa Mulder of Hendrik van Staden. Kommunikasie kan wees per e-pos of per telefoon (011 976 2633). Indien u `n persoonlike afspraak verlang, kontak asseblief die sekretaresses in die kantoor.


